Marine Le Pen

Marine Le Pen
Marine Le Pen
Marine Le Pen (2022)

Voorsitter van die Rassemblement National
Ampsbekleër
Termynaanvang
16 Januarie 2011
Voorafgegaan deur Jean-Marie Le Pen

Persoonlike besonderhede
Gebore 5 Augustus 1968
Neuilly-sur-Seine (Île-de-France), Frankryk
Nasionaliteit Frankryk
Politieke party Rassemblement National
Eggenoot/-note Louis Aliot

Marine Le Pen [maʁin ləpɛn], eintlik Marion Anne Perrine Le Pen (* 5 Augustus 1968 in Neuilly-sur-Seine) is 'n advokaat en Franse politikus wat as voorsitter van die Franse opposisieparty Rassemblement National (vroeër Front National) dien. Sy is die jongste van die drie dogters van Jean-Marie Le Pen, die oud-voorsitter van die Franse nasionalistiese party Front National (FN), en sy eerste eggenote, Pierrette Lalanne. Marine Le Pen is van haar eerste twee eggenote geskei en het drie kinders. Haar huidige lewensmaat is Louis Aliot, die visepresident van die FN.

Marine Le Pen het tydens die Straatsburgse kongres van die Front National in 1997 'n lid van die besturende liggaam van die party, die Politieke Buro, geword en sedert 1998 die party se regsafdeling geadministreer. In Julie 2002 het sy ook die voorsitter van Générations Le Pen, 'n organisasie vir jongmense, geword. Gerugte, dat sy haar vader as voorsitter van die Front National sou opvolg, het reeds in die herfs van 2002 groot publisiteit aan Marine Le Pen verskaf, en sy het vervolgens onder meer in talle televisieonderhoude as die moderne en aantreklike "gesig" van die party opgetree. Op 16 Januarie 2011 het sy haar vader as FN-voorsitter opgevolg.

Sedert die Europese verkiesing van 2004 is Marine Le Pen 'n afgevaardigde in die Europese Parlement. Op 23 April 2017 het sy as FN-kandidaat in die eerste rondte van die Franse presidensiële verkiesing die tweede plek na die liberale kandidaat Emmanuel Macron behaal met 33,9 persent van die uitgebragte stemme.

In 2018 het Marine Le Pen die Front National se naam gewysig na Rassemblement National, blykbaar om met die verlede en die politieke opvattings van haar vader te breek. So het sy strydige opvattings oor aborsie en burgerlike verbintenisse tussen persone van dieselfde geslag intussen laat vaar en pleit ook nie meer vir die doodstraf nie. Die Europese geldeenheid sou volgens haar deur middel van 'n geordende ontbinding van die Eurosone afgeskaf word.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by razib.in